BYBELSE ARGEOLOGIE 8 MEI 2022

Deur on

DIE TEMPEL SE SKATKAMER DALK GEVIND: Kleistempels en stukkies geweefde materiaal wat tydens opgrawings op die Tempelberg gevind is, dui daarop dat hierdie items uit die tempel se skatkamers kom. Die tempel se goud en silwer is altyd in sakke geberg wat duidelik uitkenbaar was aan die besondere geweefde materiaal en patrone waarvan dit gemaak is. Daarmee saam is ook kleistempels gekry wat op die kruike gebruik om dit as die eiendom van die tempel te merk. Hierdie ontdekkings is ’n groot vonds wat gemaak is. Navorsers is daarvan oortuig dat die gebou waarin dit gevind is, moontlik die skatkamer van die Tweede Tempel in Jerusalem kan wees. Selfs die naam van een van die amptenare wat in beheer van die tempel se skatkamers was, kom op een van die stempels voor


Current track

Title

Artist