BYBELSE ARGEOLOGIE 4 SEPTEMBER 2022

Deur on

DIE UITBEELDING VAN JESUS IN DIE HAGIA SOPHIA Van die indrukwekkendste mosaïekuitbeeldings van Jesus kan in die Hagia Sophia in Istanbul gesien word. Griekse argeoloë het nou ’n beroep op UNESCO gedoen om dringend aandag aan die bewaring van die inhoud in die gebou te gee. Die Turkse regering het in 2020 besluit dat die gebou voortaan as ’n moskee gebruik moet word. Intussen is die marmervloer nou met swaar skoonmaakmasjiene gekraak. Besoekers het stukkies hout uit die deur gebreek wat bekend is as die keiser se poort en reg onder die bekende mosaïekfresko van Jesus is. Volgens oorlewering is dié deur uit die hout gemaak wat van Noag se ark herwin is.


Lees verder

Current track

Title

Artist