DIE OSSUARIUM VAN SIMON, DIE TEMPELBOUER In die woonbuurt, Givhat haMivtar, aan die noordekant van Jerusalem, is ’n graf gevind met ’n beenderekissie daarin met die beendere van ’n man daarin wat as bouer in die tempel van Jerusalem gewerk het. Sy naam was Simon. Hy was deel van die Herodus die Grote se bouers wat aan die herbou van die tempel in Jerusalem gewerk het. Herodus het 10 000 gewone bouers en 1 000 Leviete as opgeleide bouers opgelei om as bouers in die tempel te werk. Die Leviete se rol was om in dié deel van die tempel te werk waar die nie-priesters en ongewydes nie mag gekom het nie.