BYBELSE ARGEOLOGIE 28 AUGUSTUS 2022

Deur on

DIE GEBOORTEHUIS VAN PETRUS MET ’N INSKRIPSIE GEVIND
Argeoloë het ’n ou Bisantynse kerk aan die noordekant van die See van Galilea ontdek, wat nou blyk ’n baie groter vonds te wees as wat aanvanklik verwag is. In die vloer van die kerk is ’n mosaïekinlegsel gevind wat daarop dui dat dié kerk oor die huis gebou is waar die twee broers en dissipels van Jesus, Petrus en Andreas, gebore is. Die plek waar dié ruïne ontdek is, was in die Bybel bekend as Betsaida. Die ruïne van die kerk is die lang vermiste basilika van die Kerk van die Apostels waarna al vir meer as ’n 1 200 jaar gesoek is. In ’n inskripsie wat in die vloer gekry is, word verwys na ’n donateur, “Konstantyn, die dienskneg van Christus”, en ’n beroep wat gedoen word op Petrus, “die leier en woordvoerder van die hemelse apostels”, om voorbidding te doen.


Current track

Title

Artist