BYBELSE ARGEOLOGIE 27 NOVEMBER 2022

Deur on

KINDEROFFERS IN DIE BYBELSE TYD: In die Ou Testament word soms na die praktyk verwys van kinders wat aan gode geoffer is. Die vraag het al opgekom of daar ’n stadium in die vroeë Israeliete se geskiedenis ’n tyd was wat hulle deelgeneem het aan die offer van hulle kinders? Die bekendste verhaal van ’n kinderoffer wat uiteindelik nie deurgevoer is nie, is dié van Abraham wat vir Isak moes gaan offer het (Gen. 22:1-14). Die oorsprong van kinderoffers kan teruggevoer word na die inwoners van Karthage wat húlle kinders aan gode geoffer het. Verskeie grafstene is gekry waarop ouers van die kinders die gode dank vir die seën wat hulle ontvang het met die geboorte van die kinders. Die illustrasie is ’n Fenisiese grafsteen uit die vyfde eeu voor Christus met ’n reliëf daarop waar ’n kinderoffer uitgebeeld word.


Current track

Title

Artist