fbpx

BYBELSE ARGEOLOGIE – 25 AUGUSTUS 2019

Deur on Aug 25, 2019

DIE ONTDEKKING VAN ’N OU PELGRIMSPAD IN DIE STAD VAN DAWID: ’n Waterpyp wat in die ou Stad van Dawid gebars het, het onverwags tot die ontdekking van ’n hele aantal nuwe vondste gelei. Eers is ’n geplaveide pad van 600 meter lank ontdek wat onder ’n aartappelland begrawe was. Pelgrims het met dié pad, al langs markstalletjies weerskante daarvan, van die siloambad af teen die Tempelberg op tot by die tempelterrein kon stap. Onder die pad is ’n uitgediende dreineringskanaal wat water uit die stad na die vallei gekanaliseer het. Binne dié kanaal is ’n goue klokkie gekry wat aan hoëpriesters se ampsklere voorgekom het, ’n duur ring wat iemand verloor het en ’n swaard van ’n Romeinse voetsoldaat, steeds in sy leerskede en nog in ’n verstommende goeie toestand wanneer in ag geneem word dat dit al vir bykans tweeduisend jaar lank daar lê.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 AR-190825-Pelgrimspad- 8 MB

Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist