BYBELSE ARGEOLOGIE – 23 JUNIE 2019

Deur on Jun 26, 2019

NUWE LIG OP DIE REDE WAAROM DIE HERE FARAO SE HART VERHARD HET: Volgens die Egiptiese mitologie is die farao se hart teen die gewig van ’n veer geweeg nadat hy oorlede is. As die hart te hard was, het dit te swaar geweeg en kon die farao nie die ewige lewe ontvang nie. Anubis, die hoof van die doderyk, het die dooie na die skaal gelei. Sy hart is geweeg. Thoth het die bevinding van die skaal nagegaan. As die hart te hard en swaar was, het Amenit met haar krokodilkop die teken ontvang om die dooie te verslind. Dié mitologie werp meer lig op die Bybelskrywer se vertelling dat die Here die farao se hart “verhard” het. Hy het hom nie koppig gemaak deur te weier dat die Israeliete moes trek nie. Die bedoeling was dat die Here die farao se hart geweeg en te “swaar” en “hard” bevind het omdat sy sonde te groot was.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 Giza_faraohart 6 MB

Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist