BYBELSE ARGEOLOGIE – 2025

Deur on

Bybelse Argeologie: Ds Neels van Tonder vertel weekliks van argeologiese skatte…Vir navrae stuur ‘n

e-pos na: nvtonder@vodamail.co.za

N AMULET WAT DIE CHRISTELIKE GESKIEDENIS HERSKRYF
’n Amulet met ’n silwer vel wat daarin opgerol is, is om die nek van ’n skelet gevind wat in ’n derde eeuse Romeinse begraafplaas in Frankfurt begrawe is. Wat dié amulet so opspraakwekkend maak, is dat die amulet uit die tyd tussen 230-270 n.C. dateer. Dit was gedurende die tyd wat die Christene vervolg is. Verder is hierdie artefak die eerste aanduiding dat die Christelike invloed tot só ver noord van die Alpe beweeg het. Dié amulet is om die soldaat se nek gedra as geloof dat hy deur Christus Jesus teen die bose, gevare, siekte en ongeluk beskerm sou word. Die inskripsie is in ou Latyn geskryf. Dié ontdekking beteken dat die geskiedenis van die Christendom herskryf sal moet word

Current track

Title

Artist