WAAROM HISKIA DIE KOPERSLANG VAN MOSES VERNIETIG HET
In 2 Konings 18:4 word vertel dat koning Hiskia die koperslang wat Moses gemaak het, laat stukkend slaan het. Volgens die teks het Hiskia tot dié stap oorgegaan omdat Israel die slang met offers vereer het. Hiskia se stap was nie net godsdienstig geïnspireer nie, maar ook polities gemotiveer. In Egipte het die farao’s altyd die beeld van ’n kobra (Uraeus) aan die voorkant van hulle hooftooisel gedra. Die simboliek daarvan het die betekenis gehad dat die farao die beskerming van die gode geniet. Toe Hiskia aan Sanherib onderdanig raak, het hy die simboliese teken van die farao laat vernietig om nie verder deur Assirië aangeval te word nie.