BYBELSE ARGEOLOGIE – 2 MEI 2021

Deur on Mei 9, 2021

DIE MISTERIEUSE SKRYWER(S) VAN DIE DOOIE SEEROLLE: Die ontdekking van die Dooie Seerolle in 1947 was ’n opspraakwekkende fonds. Dit was egter ’n raaisel oor wié die dokumente geskryf het. Moderne tegnologie het nou met die berekening van die drukking wat met die pen op die perkament uitgeoefen is, vasgestel dat die Jesaja-rol deur twéé mense geskryf is.

’N MARMER KOP VAN KEISER AUGUSTUS ONTDEK: In ’n nuwe ontdekking wat in die Italiaanse dorp, Isernia, gemaak is, is ’n marmer kop van keiser Augustus ontdek. Sy neus is afgekap, wat ’n belangrike simboliese betekenis het. Hierdie ontdekking werp nuwe lig op die invloed van die keiser in dié spesifieke gebied.


Current track

Title

Artist