BYBELSE ARGEOLOGIE – 18 AUGUSTUS 2019

Deur on Aug 19, 2019

DIE OPGANG EN VAL VAN SIMON MAGUS: In die Nuwe Testament word slegs een keer, in Handelinge 8:4-25, na Simon Magus verwys. Twee apokriewe geskrifte wat in die vroeë kerk in omloop was, brei verder oor hom uit. Daarin word hy voorgestel as ’n aanstigter tot verdeeldheid in die kerk. Volgens die storielyn van hierdie verhale was daar ’n pratende hond wat Simon ’n “lafaard” genoem het, ’n vis wat in ’n bad water herleef het, en Simon wat hom van ’n toring af kon lanseer om oor Rome te vlieg voordat hy na sy dood geval het. Hierdie verhale is in die vroeë kerk vertel om die eerste Christene daarvan te oortuig dat Petrus en Paulus oor die ware leer van Jesus Christus beskik en nié mense soos Simon Magus wat gelowiges met toorkunste probeer bedrieg het nie.


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist