’N VLOEK OP JERUSALEM SE REGEERDER Wat ’n regeerder van ’n stad moet doen om ’n vloek toegesnou te word wat hom die dood toewens, moes iets groot wees. Die plek waar die steen gekry is, is in die Ou Stad van Dawid, 25 meter bokant die Gihonfontein waar argeoloë ’n Kanaänitiese tempel gekry het wat onder die grond begrawe is. Die teks lees: “Vervloek, vervloek, jy sal vir seker sterf! Regeerder van die stad, jy sal vir seker sterf! Vervloek, vervloek, jy sal vir seker sterf!” Die teks lig die sluier oor die tyd toe die plek nog aan vroeëre inwoners behoort het.