BYBELSE ARGEOLOGIE 15 MEI 2022

Deur on Mei 15, 2022

WAT HET VAN DIE TEMPEL SE MENORA GEWORD?
Ná die verowering van Jerusalem deur die Romeine in 70 n.C. is verskeie tempelskatte deur Titus na Rome geneem. Op die “Boog van Titus”, wat sy roemryke oorwinning oor Jerusalem herdenk, verskyn twee besondere panele. Dié Boog is in 81 n.C., ná Titus se dood opgerig. Aan die agterkant word die Romeine se opmars na Jerusalem uitgebeeld. Aan die voorkant word die Romeine se terugmars na Rome uitgebeeld. In hierdie paneel word die voorstelling gemaak dat hulle die goue menora (sewe-arm kandelaar), Tafel van die Toonbrode en nog ander tempelskatte met hulle saamdra. Gedurende die Bisantynse tyd en die Middeleeue is die persepsie versprei dat dié items deur die Vatikaan in bewaring geneem het en nou in een van hulle bergkamers gehou word. Die Rooms Katolieke pous word nou deurlopend vanuit Joodse geledere gevra om hierdie items op te spoor en aan die Israelse Raad vir Oudhede terug te besorg.


Current track

Title

Artist