fbpx

BYBELSE ARGEOLOGIE – 13 OKT 2019

Deur on Okt 21, 2019

HATSHEPSUT EN MOSES IN DIE MANDJIE: Egiptoloë het al dikwels daarop gewys dat daar in die Egiptiese annale nog nooit enige verwysing na Moses gevind kon word nie. Daar is geskiedkundiges wat nou daarvan oortuig is dat “die dogter van die farao” wat Moses uit die Nylrivier gehaal het, Hatshepsut was wat as vroulike farao in 1478-1458 v.C. oor Egipte regeer het. Haar vertroueling, Senenmut, sou glo “Moses” wees. Thutmoses II, haar broer met wie sy getroud was, het ’n seun by ’n vrou in die harem verwek, wat Thutmoses III genoem is. Sý seun, Ahmenhotep II, waarvan Hatshepsut dus die stiefouma was, kon dalk die farao van die uittog wees. Hy het 30 jaar ná Hatshepsut se dood ál haar en Senenmut se standbeelde laat afbreek en in sandputte laat begrawe. Verder het hy ook alle verwysings na hulle op gedenknaalde en dokumente laat uitkrap.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 AR-191013-HatshepsutMoses- 10 MB

Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Lees verder

Current track

Title

Artist