NUWE ONTDEKKINGS OOR KONING HISKIA
In die Siloamtonnel wat onder die Ou Stad van Dawid loop, is ’n klein steentjie van sandsteen gekry waarop na koning Hiskia verwys word. Benewens die inskripsie in die Siloamtonnel self, is hierdie die eerste konkrete getuienis wat nóg ontdek is om die grawe van die tonnel met koning Hiskia te verbind. Verder is by Lagis ook ’n altaar gekry waarvan die horings op die hoeke afgesny is. Hierdie skendig dui op die godsdienshervorming wat Hiskia ingestel het volgens 2 Konings 18 deur die boomstompe langs die altaar af te kap en die altaar se horings te verwyder. Die illustrasie is die stempel van Hiskia wat vroeër ontdek is.