“Burgerlike organisasies nodig sodat waterkrisis nie in 2025 voortduur”

Deur on

9 Januarie 2025

“Ernstige waterprobleme oor die land heen het opnuut beklemtoon dat watersekerheid in Suid-Afrika meer as net beloftes vereis, maar daadwerklike optrede deur die regering.”

Dít volgens AfriForum wat meen dat die regering se pogings deur burgerlike-organisasies, soos AfriForum, ondersteun moet word om uiteindelik Suid-Afrika se waterkrisis die hoof te bied.

Volgens die organisasie het bekommernisse oor die waterkwessie reeds vroeg in die nuwe jaar begin weens onder meer rioolbesoedeling wat tot die sluiting van gewilde strande in Durban gelei het, en die langdurige wateronderbrekings in Johannesburg.

AfriForum se raadgewer vir omgewingsake, Marais de Vaal sê die gebrek aan kapasiteit, befondsing en politieke wil, veral op munisipale vlak, sal na verwagting steeds in 2025 beduidende struikelblokke vir die land se watersekerheid bied.

De Vaal sê ‘n belangrike vertrekpunt om in 2025 die krisis die hoof te bied, is die feit dat die Suid-Afrikaanse regering  in 2024 die erns van die land se water- en sanitasie-uitdagings erken en verskeie maatreëls ingestel het om dit te pak.

“Belangrik onder hierdie veranderinge is die wysiging op die Wet op Waterdienste 108 van 1997, wat beoog om die regulering en bestuur van munisipale waterdienste te verbeter en munisipaliteite aanspreeklik te hou vir hul mislukkings.”

De Vaal sê die wysigings aan die betrokke wette kan toesig oor munisipaliteite verskerp, maar implementering bly ’n kritieke kwessie.


Current track

Title

Artist