BUITELEWE

Deur on

‘n Heerlike saamkuierprogram met verskeie gaste oor die buitelewe en soms word selfs ‘n wegbreek naweekresep gedeel…

Navorsers aan die Universiteit van Pretoria en veldwerkers van die Landbounavorsingsraad het nege nuwe valdeurspinnekopspesies in die Groot-Karoo ontdek. Nou spog Suider-Afrika met 56 valdeurspinnekopspesies. Ons gesels vanmiddag met dr. Shannon Brandt, ’n navorser by die Universiteit van Pretoria se dierkunde en entomologiedepartement en Annelien Pienaar gee ’n liplekker resep.
Ons gesels met Dr. Ruhann Steyn en Annelien Pienaar deel ‘n pannekoek resep.
‘n Volstruis wat dink hy’s ‘n gans en saam met sy gansfamilie in die Vaalrivier swem het die ganse land aan’t gons, of is dit nou gans? Struisie se eienaar gesels met ons en Annelien Pienaar gee ‘n resep.
Ons gesels met Theo Potgieter, ’n safari-operateur in die Nasionale Krugerwildtuin, wat vir ons vertel van die pienk albino-olifantkalf waarop hulle afgekom het by die Olifantsrivier en Annelien Pienaar maak kos.
Ons gesels oor die Maart-hemel-ewenaar wat die 20ste Maart plaasvind en Annelien Pienaar gee ‘n resep.
Geborg deur Outdoor Warehouse. Daar’s ‘n slang in die gras en ons gesels met Annelien Pienaar.

Lees verder

Current track

Title

Artist