BUITELEWE – 2021

Deur on Jul 22, 2021

14 Jan- Marius Opperman vertel meer oor die moontlikheid van 2021 se KYKNET Buite Expo by Sondela Natuurreservaat in Junie en hoe hulle beplanning loop rondom die expo en Covid19. Pieter Malan, PappaChef deel ‘n wegbreek resep en ons luister na die Veereier (Bosluisvoël).

21 Jan- Die tropiese storm Eloise beweeg tans oor Madagaskar, in ‘n Westelike rigting. Ek gesels met Prof. Hannes Rautenbach, Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe by Akademia oor wat presies ‘n tropiese storm is, en wat ons van Eloise kan verwag oor die volgende paar dae. Pieter Malan deel ‘n wegbreek resep en ons luister ook na die Streepkopkanarie.

28 Jan- Suid-Afrikaners is lief vir reis en hulle hoef nie aan ʼn verskoning te dink om onvergeetlike herinneringe bymekaar te maak nie, maar hoe gaan dit tans in die toerisme bedryf, en wat hou 2021 in? Ek gesels met Martin van Niekerk: Toerismekenner by Junxtion Communications. Pieter Malan deel ‘n wegbreek resep en ons luister na die Mikstertbyevanger.

4 Feb- Rupert Koopman, bewarings bestuurder van die Botaniese Vereeniging van SA vertel ons meer oor die pragtige 11 Botaniese tuine in SA. Pieter Malan deel ń wegbreek resep, Hoender op ń stokkie met Polenta Pap-balle. Ons luister ook na die Skoorsteenveër.

11 Feb- Jurie Dryer van SAWA vertel ons meer van kamp in 2021 en ook waarom jy dit kan oorweeg om kamp deel van jou lewe te maak. Pieter Malan, PappaChef deel ‘n wegbreek resep en ons luister na die Kardinaalspeg.

18 Feb- Waarom is die wynroetes in die Kaap spesifiek so gewild onder Suid Afrikaners asook buitelandse toeriste? Pieter Malan deel ‘n wegbreek resep (Botterhoender) en ons luister na die Witvlerkflap.

4 Maart- Ons gesels oor die dorpie McGreggor en vind uit wat dit beteken om ‘niks’ te kan doen nie. Pieter Malan vertel vir ons hoe om die beste braai hoender te maak, en ons luister na die tuinduif.

11 Maart- Gerrie Pretorius is pas terug van Botswana af waar hy besig was om te verfilm aan die nuwe reeks ‘Leef jou reis’. Ons vind meer uit oor Botswana se natuurlewe en wat ons kan verwag in hierdie opwindende en gewilde reeks. Pieter Malan deel ‘n watertand wegbreek resep.
25 Maart – Ons lê vandag besoek af in Wakkerstroom. Dié pragplekkie is die volmaakte voorbeeld van ’n regte plattelandse dorpie in Suid-Afrika. Ek gesels met Linda Michaelmore ‘n inwoner en toerisme kenner in Wakkerstroom. Pieter Malan deel ook ‘n naweek wegbreek resep
1 April – Die toerismebedryf steier steeds en volgens StatsSA se jongste syfers wat vandeesweek bekend gemaak is het die algehele inkomste vir die sektor met 72.9% gedaal. Ek gesels met Gerriline Fouche, Bemarkingshoof van Lekkeslaap oor hulle ervaring van die stand van die toerismebedryf tans in SA. Pieter Malan, PapaChef deel ‘n paasfees wegbreek resep.
8 April- Met sy vlaktes, vriendelike mense en waarde van geld wat hy bied is die Vrystaat die ideale bestemming om te besoek. Dr. Johan Hattingh hoof van die departement toerisme en geleentheidsbestuur aan die  Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) vertel ons meer oor die Vrystaat en ook waar die pragtige Kosmos blom vandaan kom. Pieter Malan, PapaChef deel sy wenresep vir die beste ‘BraaiPie’ op die rooster.
15 April- Johan Badenhorst, bekende aanbieder en vervaardiger van die program ‘Voetspore’ kuier in die ateljee om meer te vertel van die nuwe reeks ‘ Voetspore in Suid Afrika 2’. Pieter Malan deel ‘n wegbreek resep.
22 April- Buitelewe program: Ons besoek die pragtige Noordkus van Suid Afrika en gesels oor Kosibaai se rustigheid en eenvoud. Pieter Malan, PapaChef, deel ‘n liplekker naweek resep.
29 April- : Orania het sopas 30 jaar our geword. Hoe lyk Orania as vakansie bestemming, en wat is die gewildste aktiwiteite daar? Sarel Roets, die eienaar van Stokkiesdraai Park deel ‘n paar geheime. Pieter Malan maak ‘n heerlike naweek wegbreek resep.
6 Mei- Ons vind meer uit oor die Noordkaap en wat jy moet weet wanneer die Noordkaap oorweeg as ‘n vakansie bestemming. Pieter Malan deel ‘n liplekker naweek wegbreek resep en ons luister na die Witborskraai.
13 Mei- : ‘n Handige kamplysie – Wat is die top 3 dinge warsonder jy nie sal gaan kamp nie? Ons vind uit by die luisteraars van PretoriaFM wat dit is wat hulle heel eerste inpak wanneer hulle gaan kampeer.
20 Mei- :Ons kuier vandag in die pragtige Baviaanskloof en vind meer uit oor akkommodasie onder ‘n krans se oorhang genaamd ‘Dawid se Bak’ in die Makkedaat Grotte. Pieter Malan deel ook ‘n wegbreek potjie resep en ons luister na die Witliesbontrokkie.
27 Mei- Buitelewe program: Dalene Matthee het die wonderlikste boeke geskryf oor die Knysna woud en ek gesels met Hardy Loubser om ons meer te vertel oor hoe die woud vandag lyk en watter aktiwiteite daar te doen is. Die vraag is natuurlik, is daar nog Grootvoete in die Knysna woud?
3 Junie- Buitelewe program: Rozanne Nel van Boplaas vertel ons meer oor die lewe, natuurskoon, bergpasse en die unieke Portugese kultivar wyne van Calitzdorp. Pieter Malan deel ‘n naweek wegbreek resep.
10 Junie- Tersia Jooste van Rhino Connect bring ons op hoogte van die stryd teen renosterstropery.
17 Junie- Vandag gesels Elsje met Mathys Roets oor sy buitelewe ervarings
24 Junie-  Ons kyk na die pragtige Botaniese tuine in Suid Afrika, en Pieter Malan deel ‘n wegbreek resep.
1 Julie- Die pragtige Jozini Dam bied ongelooflike wegbreek en wildbesigtigings geleenthede. Ek gesels met Dreyer Senekal, ‘n boer in die omgewing om ons meer oor die dam en omliggende gebied te vertel. Pieter Malan deel oudergewoonte ‘n winter wegbreek resep.
8 Julie- Uitdagings soos sterk wind en noue ontkomings het Edward-John Hill van Langebaan nie gekeer om sy vaart van 2200km op die Oranjerivier te voltooi nie. Wat is dit van die Oranjerivier wat dit so ongelooflik mooi maak, maar terselfdertyd net so gevaarlik, en het hy geleer deur hierdie buitelewe ekspedisie suksesvol te kon voltooi.
15 Julie- Ek gesels vandag met Braam Steyn, eienaar van Stargate International Tours, om ons ‘n oorsig te gee van die huidige stand van sake in die toerisme bedryf plaaslik en kyk ook na jou opsies tans beskikbaar wanneer jy graag oorsee wil reis. Pieter Malan deel oudergewoonte ‘n winter wegbreek resep.
22 Julie- Ek gesels oor die pragtige Pilanesberg Natuurreservaat. Marcus Kapp ‘n wildbewaarder van Black Rhino Game Lodge vertel ons meer oor die geskiedenis van die park, asook watter wild jy kan besigtig. Pieter Malan deel oudergewoonte ‘n winter wegbreek resep.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 Buitelewe-210114 15 MB
mp3 Buitelewe-210121 14 MB
mp3 Buitelewe-210128 16 MB
mp3 Buitelewe-210204 16 MB
mp3 Buitelewe-210211 29 MB
mp3 Buitelewe-210218 15 MB
mp3 Buitelewe-210304 14 MB

Current track

Title

Artist