23 April 2024
‘n Skool in Notting Hill in Londen wil hierdie week ‘n 12 uur lange skooldag implementeer in ‘n poging om kinders te kry om minder hulle selfone te gebruik.
Die All Saints Catholic College is van vandag af 07:00 tot 19:00 vir die res van die week oop, met buitemuurse aktiwiteite wat binne daardie ure sal plaasvind. Die skoolhoof, Andrew O’Neill het met die idee vorendag gekom weens kinders wat nie hulle selfone kan uitlos nie.
Hy meen die leerlinge kan hom nie in die oë kyk nie. Volgens hom wil die skool die leerlinge aanmoedig om meer in die oomblik te wees. Die Britse regering het reeds vroeër vanjaar aangekondig dat hulle skoolhoofde sal ondersteun wat maatreëls oor selfoon-gebruik tydens skoolure wil instel.
Luidens ‘n studie deur Ofcom het 97% van alle Britse kinders teen die ouderdom van 12 ‘n selfoon.