Brand by Richardsbaai-houtmeule woed nog voort

Deur on

2 Oktober 2023

Brandbestryders in Richardsbaai in KwaZulu-Natal het steeds hulle hande vol om te probeer om ‘n brand by ‘n houtmeule onder bedwang te probeer bring. 

Die brand het reeds Saterdag by die onderneming, NCT Richards Bay Wood Chips uitgebreek. Die bestuurder, Danny Knoesen sê van die saagsels het aan die brand geraak.

Volgens die DA se raadslid, Henning de Wet is hulle bekommerd omdat daar nóg ‘n houtonderneming in die gebied is.

De Wet het ‘n kort ruk gelede gesê dat vliegtuie en ‘n helikopter ingespan is om water bo-oor die vlamme te gooi. Daar is ook talle brandbestryders van die uMhlathuze-plaaslike munisipaliteit, wat bygestaan word deur privaat maatskappy.

Die oorsaak van die brand word nog ondersoek. Volgens hom is hulle uiters bekommerd oor die situasie.

Foto: Dave Savides / Zululand Observer


Current track

Title

Artist