Brand breek by nóg ‘n hospitaal uit

Deur on

4 Mei 2021

Twee pasiënte is dood nadat ‘n brand vanoggend by die F.H. Odendaal-hospitaal in Nylstroom/ Modimolle in Limpopo uitgebreek het.

Die LUR vir gesondheid in Limpopo, dr. Phophi Ramathuba is tans by die hospitaal om ondersoek in te stel.

Die departement se woordvoerder, Neil Shikwambana sê die oorsaak is nog onbekend. Volgens sosiale media-inskrywings het die brand in ‘n Covid-19-saal ontstaan.

Die name van die twee oorledenes is nog onbekend.

Dié brand kom sowat twee weke nadat ‘n brand by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg uitgebreek het weens infrastruktuur, wat glo nie instand gehou is nie.

Meer inligting volg later.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist