Brand breek by nog ‘n Gautengse hospitaal uit

Deur on

22 Junie 2022

Die Gautengse departement van gesondheid kan bevestig dat daar ‘n brand by die Chris Hani Baragwanath-Akademiese Hospitaal uitgebreek het.

Die brand het op ‘n oop ruimte naby die tydelike Covid-19-tente ontstaan en weens ‘n sterk wind na die wasgoedperseel versprei waar linne aan die brand geslaan het.

Volgens die departement was die linne wat beskadig is, geoormerk om vernietig te word.

Johannesburgse brandweerdienste het die brand geblus voordat dit verder kon versprei en linne – wat nog gebruik moet word – beskadig het.

Die res van die gebou is nie beskadig nie en daar is geen ongevalle aangemeld nie.


Lees verder

Current track

Title

Artist