1 Februarie 2024
Build One South-Africa – oftewel BOSA – oorweeg regstappe teen die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa.
Dit volg nadat die regering nog nie gehoor gegee het aan ‘n hofuitspraak van die Noord Gautengse Hooggeregshof nie, waarin beslis is, dat Ramokgopa die nodige maatreëls in plek moet stel, sodat openbare skole, hospitale en polisiestasies van beurtkrag kwytgestel kan word.
Ná die uitspraak op die 1ste Desember het Ramokgopa aangedui dat daar dele van die uitspraak is wat vaag is en dat die regering dit oorweeg om daarteen te appelleer.
Die leier van BOSA, Mmusi Maimane, het ‘n brief aan die minister en die regterpresident gestuur om dringend aandag aan die kwessie te gee.
Hy sê dis duidelik dat die ANC-regering geen plan het om ‘n einde aan beurtkrag te bring nie.