Boekklub-gevangenes neem deel aan boek-kompetisie

Deur on

3 Oktober 2022

Meer as driehonderd gevangenes van boekklubs in gevangenisse regoor Suid-Afrika sal vandeesweek aan ‘n nasionale boek-kompetisie in George, in die Wes-Kaap deelneem. 

Die woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, Singabakho Nxumalo sê die gevangenes het nasionale uitdunrondes gehad en net die beste gevangenes sal aan die 12de Funda Mzantsi-kampioenskap deelneem. 

Nxumalo het verder die gemeenskap verseker dat alle moontlike veiligheidsmaatreëls ingestel is vir die gevangenes se deelname aan die kompetisie. Dit vind van vandag tot 7 Oktober plaas.

Volgens hom word die kompetisie al sedert 2018 in George aangebied en geen gevangenes het al ooit probeer ontsnap of die kompetisie ontwrig nie. Boekklubs van skole, gemeenskappe en universiteite neem ook in die kompetisie deel waartydens spel-, lees en debatsvaardighede getoets word.


Current track

Title

Artist