Bloemfontein bibberend koud

Deur on

23 Julie 2021

As jy in Bloemfontein woon – het jou oggend kouer as enige ander plek in Suid-Afrika begin. 

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê met ‘n minimum temperatuur van -9ºC was Bloemfontein vanoggend die koudste. Die weervoorspeller, Bransby Bulo sê in Vereeniging was dit -8ºC.  

Hy sê die koue sal ook die naweek in Gauteng voortduur met temperature van tussen 11- en 13ºC . Sutherland in die Wes-Kaap, Ladysmith in KwaZulu-Natal en dele van die Oos-Kaap en Mpumalanga sal ook erge koue beleef. 

Volgens die Weerdiens word sonnige toestande die naweek in die Noord-Kaap en Vrystaat verwag omdat die temperature geleidelik gaan styg. Die streek sal egter steeds koel tot koud wees.

Ligte sneeu het Woensdagnag en gister in onder meer in die omgewing van Rouxville, Sutherland, Campbell, Hanover, Colesberg en Kimberley geval. Nog sneeu word egter nie verwag nie.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist