Blitsberig: Eerste aappokke-geval in Suid-Afrika gediagnoseer

Deur on

23 Junie 2022

Die eerste bevestigde geval van aappokke, wat in Suid-Afrika gediagnoseer is, is geïdentifiseer by ‘n 30-jarige man van Johannesburg.

Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla het tydens ‘n mediakonferensie bevestig dat hy gister bevestiging van die geval gekry het.

Hy sê die betrokke persoon het nie onlangs gereis nie. Hy sê die proses om mense op te spoor met wie die persoon kontak gehad het, is tans onderweg.

Die aappokke-virus versprei deur fisiese kontak en nie deur druppeltjies in die lug nie.


Lees verder

Current track

Title

Artist