22 April 2024
Die departement van binnelandse sake is in die spervuur nadat dit in die Parlement onthul is dat hy oor die afgelope vyf jaar meer as R412-miljoen aan regsake bestee het.
Dit het opgeskiet van R7-miljoen in die 2018/2019-boekjaar tot R117-miljoen in die 2023/2024-boekjaar.
Volgens die DA se woordvoerder oor binnelandse sake, Angel Khanyile, is hulle bekommerd oor die departement se afhanklikheid van privaat regsfirmas en die verdediging van hofsake wat nie betwis behoort te word nie.
Sy vra dat ‘n ondersoek na verkwistende uitgawes gedoen moet word.