Bheki Cele: Polisie besluit nog oor plan met gesteelde goedere

Deur on

20 Julie 2021

Die minister van polisie, Bheki Cele het gister tydens nog ‘n besoek aan inkopiesentrums in KwaZulu-Natal gesê dat gesteelde goedere in die polisie se SAP13-kluis ingeboek word, maar wanneer spasie opraak sal dit in ‘n sentrale pakhuis in Durban geberg word.

Duisende goedere van kos en klere, tot yskaste, wasmasjiene en televisies is tydens onluste verlede week uit winkels in KwaZulu-Natal en Gauteng gebuit.

Volgens Cele sal die goedere waarskynlik later opgeveil word, waarna die geld tussen liefdadigheidsorganisasies verdeel kan word. Hy sê die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag bespreek egter tans opsies oor wat met die goedere gedoen moet word.

Intussen sê Cele hy is tevrede met die veiligheidsmaatreëls wat inkopiesentrums in plek gestel het om te verseker dat hul veilig kan heropen.

Sy woorvoerder, Lirandzu Themba sê die minister was gister by die Liberty inkopiesentrum in Pietermaritzburg en die Pavilion- en Gateway inkopiesentrums in Durban en dat al die winkels volledige veiligheidsplanne in plek het om vandeesweek te kan heropen. 

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist