Beter steenkoolbestuur deel van Eskom se 10-punt reddingsplan

Deur on

11 Maart 2024

Beter steenkoolbestuur; verbeterde interne beleid en prosedures; en ’n verhoogde koers van verkryging en befondsing is sommige van die sleutelpunte wat deel van Eskom se 10-punt plan is.

Dié plan het ten doel om Suid-Afrika se kragkrisis om te keer.

Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het dit vandag tydens ‘n media-inligtingsessie in die Tshwane-metro onthul.

Dit kom te midde van kragonderbrekings wat die land se ekonomie steeds knou.

Volgens Ramokgopa sal die fiskale verligting van R78-miljard – wat die nasionale tesourie aan die nutsmaatskappy toegeken het – Eskom in staat stel om sy omkeerplan te bespoedig.

Hy glo dat die uitvoering van die strategie seepglad sal verloop met die aanstelling van die nuwe uitvoerende hoof, Dan Marokane.


Current track

Title

Artist