Bela-optog: Freedom Park stem in na McKenzie se ingryping

Deur on

29 Oktober 2024

Freedom Park het van deuntije verander, en sal nou wel toelaat dat die Solidariteit Beweging sy optog teen die Bela-wet by dié erfenisterrein hou.

Die bestuur van die terrein het Solidariteit se aanvanklike aansoek geweier.

Volgens Solidariteit het die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie toegesien dat die optog wel tot binne die terrein kan beweeg, en Freedom Park versoek om sy besluit te hersien.

Die voorsitter van die Solidariteit Beweging Flip Buys het sy dankbaarheid teenoor die minister uitgespreek vir sy bereidwilligheid om in te gryp.

Die optog sal op 5 November plaasvind.


Lees verder

Current track

Title

Artist