Bejaardes kan nog nié vir die Covid-19-entstof registreer nie

Deur on

8 April 2021

Die departement van gesondheid het bevestig dat persone ouer as 65 jaar nog nié vir die Covid-19-inenting kan registreer nie.

Dit kom nadat vals berigte op sosiale media versprei is waarin mense in dié ouderdomsgroep aangeraai word om nou te registreer om in aanmerking te kom vir die inentings. 

‘n Woordvoerder van die departement, Popo Maja sê die gerugte het tot ‘n stortvloed  navrae aan dié departement gelei en ook angstigheid onder mense veroorsaak.

Maja meen dié gerugte is skadelik en is begin om paniek te saai. Hy sê die departement sal ‘n amptelike aankondiging doen wanneer die tyd aangebreek het.

Volgens die jongste amptelike inentingsprogram van die regering kom persone ouer as 60 jaar eers tydens fase 2 van die program in aanmerking vir inenting.

Gesondheidswerkers word tans – luidens fase 1 van die inentingsprogram – teen die virus ingeëent.


Lees verder

Current track

Title

Artist