Bejaarde vrou dood nadat sy glo deur taxi omgery is

Deur on

11 Junie 2021

‘n 65-jarige bejaarde, voetganger is dood nadat sy vanoggend deur ‘n minibus-taxi omgery is by die Bothrill en Rooihuiskraal-kruising in Centurion.

Die ER24-woordvoerder, Ross Campbell sê paramedici is omstreeks 06:40 vanoggend na die toneel ontbied, waar hulle die vrou in die middel van die pad aangetref het.

Hy sê sy het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die voorval.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist