Begrotingsrede: R1,4-miljard vir Nasionale Gesondheidsversekering begroot

Deur on

21 Februarie 2024

Die minister van finansies, Enoch Godongwana begroot R1,4-miljard vir Nasionale Gesondheidsversekering in die mediumtermyn.

Volgens Godongwana, wat vanmiddag sy begrotingsrede lewer, is dit `n voorbeeld van die regering se toewyding tot die beleid.

`n Reddingsboei van R47-miljard word vir Transnet begroot met die voorwaarde dat hulle op hulle kern besigheid fokus en vennote uit die privaat sektor betrek.

Staatskuld in verhouding met die BBP sal teen 2026 by 75,3% draai.

Diegene wat van `n knertsie hou moet maar op hulle tande kners. `n Blikkie bier word 14-sent duurder, `n bottel wyn 28-sent en `n bottel brandewyn en ander hardehout R5,53-sent duurder. ‘n Pakkie sigarette gaan jou 97-sent meer uit die sak jaag.

Die minister het ook verder gesê dat beurtkrag stelstelmatig minder sal word, en meen die regering hou ‘n oog op Eskom om toe te sien dat hy by sy voorwaardes hou vir die R254-miljard hulppakket wat verlede jaar aangekondig is.


Current track

Title

Artist