Beëindig Zuma se “reeksmisbruik van howe,” vra NVG

Deur on

26 November 2024

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vra in hofstukke dat die verhoorregter – wat Jacob Zuma se korrupsiesaak moet aanhoor – die voormalige staatshoof se sogenaamde reeksmisbruik van die howe beëindig.

Dit kom ná Zuma se jongste pogings om advokaat Billy Downer as sy aanklaer te probeer verwyder.

In reaksie op Zuma se poging om regter Nkosinathi Chili se besluit – om Billy Downer nie te verwyder nie – te betwis, het die staat nou in hofstukke beklemtoon dat enige aansoeke van Zuma se kant af nie die verhoor mag vertraag nie.

Die NVG sê die verhoor is vir April aanstaande jaar op die hofrol en moet voortgaan met Downer as aanklaer.

Zuma se regslui wil hê dat die verhoor onbepaald uitgestel word totdat die kwessie oor die aanklaer bygelê is.

‘n Appèlaansoek sal op die 6e Februarie aanstaande jaar aangehoor word waarin Zuma sal vra dat die die hof sy vorige besluit – om Downer toe te laat om in April die vervolging te behartig – te heroorweeg.


Current track

Title

Artist