BBP styg in vierde kwartaal van 2023 met 0,1%

Deur on

5 Maart 2024

Suid-Afrika se bruto binnelandse produk het in die vierde kwartaal van 2023 met 0,1% gestyg.

Die groei – gemeet teenoor die 3de kwartaal – volg ná negatiewe groei van minus 0,2% in die derde kwartaal.

Die land het dus ’n resessie net-net vrygespring, aangesien nog ’n kwartaal met negatiewe groei daarop sou neerkom. Verskeie bedrywe is in ’n resessie.

Ses bedrywe het gegroei, terwyl vier ingekrimp het.

Die tien bedrywe wat Statistiek Suid-Afrika gemeet het sluit in:

  • Vervoer en kommunikasie op 2,9%;
  • mynbou op 2,4%;
  • nutsdienste op 2,3%;
  • persoonlike dienste op 0,9%;
  • finansiële dienste op 0,6%;
  • vervaardiging op 0,2%;
  • staatsdiens op minus 0,6%;
  • konstruksie op minus 1,4%;
  • handel op minus 2,9% en
  • landbou – wat die grootste skok is – op minus 9,7%.

Current track

Title

Artist