Balju skryf Denel se bates op

Deur on

9 April 2021

Die balju is besig om die bates van die staatsbeheerde wapentuigvervaardiger, Denel op te skryf.

Dit beteken Denel mag nie meer die bates verkoop nie en dit moet opsygesit word vir die uiteindelike opveiling daarvan om R12,7 miljoen in te vorder vir die betaling van agterstallige salarisse aan Solidariteit- en Uasa-lede wat werknemers van Denel is.

Die geld is slegs genoeg om gedeeltes van die agterstallige salarisse vir die periode Mei tot Julie 2020 te betaal.

Die stappe volg na Solidariteit op 4 Maart ’n lasbrief vir eksekusie bekom het om beslag te lê op Denel se bates om geld in te vorder vir die gedeeltelike betaling van agterstallige salarisse.

Volgens Solidariteit is hul nie bewus van watter bates geoormerk is nie, maar dat die balju die somme maak en begin het by Denel se Overberg-toetsbaan in die Wes-Kaap.


Current track

Title

Artist