Balju daag by ANC-hoofkwartier op weens skuld

Deur on

4 Desember 2023

Die balju van die Gautengse hooggeregshof in Johannesburg het vanoggend op die ANC se Luthuli-huis-hoofkwartier toegesak op soek na bates.

Dit volg nadat die maatskappy, Ezulwini Investments, op die party se rekeninge en ander fisiese bates beslag gelê het in ‘n poging om meer as R100-miljoen te verhaal wat die party aan hom skuld vir werk wat tydens die 2019-verkiesingsveldtog gedoen is.

‘n Vragmotor van die balju is buite die party se hoofkwartier in Johannesburg gesien.

‘n Woordvoerder van die onderneming, Peter Fernando het aan die nuusdiens News24 gesê dat ‘n lasbrief aan die ANC beteken is, en dat die balju daarna op die party se bankrekeninge en bates beslag gelê het.

Hy sê die maatskappy is vasbeslote om die geld terug te vorder wat deur die ANC aan hom verskuldig is.


Current track

Title

Artist