Baba Ayden weer terug in hospitaal weens infeksie

Deur on

26 Julie 2021

Baba Ayden van Niekerk van Lydenburg in Mpumalanga is weer in die intensiewe sorgeenheid van die Netcare Garden City-Hospitaal opgeneem nadat hy sowat twee weke gelede na ‘n rehabilitasiesentrum oorgeplaas is.

Volgens sy ma, Estelle van Niekerk het Ayden begin ‘n week gelede begin om koors te kry, waarna bloedtoetse gedoen is. “Ons het aanvanklik gedink hy is besig om tande te sny, maar die toetse het bevind dat hy sepsis het.”

Ayden en sy ma, Estelle. Foto: Facebook.

LEES OOK: BABA AYDEN: “DIT GAAN ELKE DAG BETER”

Die agt maande oue baba Ayden is in Mei vir die eerste keer in die hospitaal opgeneem nadat dokters aanvanklik gedink het dat hy aan ‘n stukkie biltong gestik het, maar toetse het egter bevind dat hy ‘n toeval gehad het wat sy brein aangetas het.

Estelle het vroeër gesê dat dié toeval tot ‘n suurstoftekort (hipoksie), hartverlamming en iskemiese enkefalopatie gelei het. Breinskaderings het ook getoon dat hy 20% van sy breinvolume verloor het. 

Sy het Maandagmiddag aan Pretoria FM gesê dat dit egter tot dusver goed gegaan het met Ayden in die rehabilitasiesentrum waar hy opgeneem is om weer basiese vaardighede te kan aanleer.

LEES OOK: JONGSTE OOR BABA WAT AAN BILTONG VERSTIK

Volgens Van Niekerk sal Ayden nou vir ongeveer twee weke in die intensiewe sorgeenheid behandel moet word, maar ‘n terapeut van die rehabilitasiesentrum sal hom steeds daagliks besoek om aan sy vaardighede te werk. Die gesin hoop om Ayden ná 16 weke in die rehabilitasiesentrum te kan huis toe neem.

Estelle meen gebede en mense se goedhartigheid hou haar staande op die stadium. Volgens haar het mense talle aflaaipunte geskep, waar hulle doeke en ander skenkings vir Ayden aflaai. Haar vriendin het ook die Bid vir baba Ayden Facebook-blad gestig.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist