fbpx

Author: Sarina

Page: 2

Nuuskommentaar: 18 November Die Okavango-delta in Botswana was onlangs onregstreeks in die nuus, nadat navorsers die Wieg van die moderne Mensdom na die Makgadikgadi-panne, wat in oorvloedjare met die delta verbind is, met genetika teruggespoor het. Destyds was die Makgadikgadi deel van ’n reuse meer van sowat 30 meter diep, wat metteryd begin opdroog het […]

Nuuskommentaar: 13 November 19 Gister se verwoestende tornado in New Hanover in Kwa Zulu Natal het Suid Afrikaners aan die gons. ‘n Vlietende verskynsel – buitengewoon in die land – wat reeds die lewens van twee mense geeïs het, en verskeie huise, asook openbare infrastruktuur beskadig het. Ons is nie gewoond aan natuurrampe nie. Ons […]

Nuuskommentaar: 12 November President Emmanuel Macron van Frankryk het verlede week ‘n diplomatieke krisis veroorsaak toe hy in ‘n media-onderhoud gesê het dat Bosnië Herzegowina ‘n tydbom is wat vir die Europese Unie ‘n ernstige bedreiging inhou. Macron se uitspraak en Frankryk se onlangse teenstand teen die insluiting van Albanië en Noord-Masedonië as lidlande van […]

Nuuskommentaar: 11 November 2019 Om 11-uur op 11 November 1918 het die Eerste Wêreldoorlog amptelik tot `n einde gekom. Die presiese dodetal sorg vandag steeds vir debat maar dan kan met sekerheid gesê word dat miljoene mense in die oorlog gesterf het en nog meer gewond is. Van die sterftes sluit miljoene mense in wat […]

Nuuskommentaar: 6 November Op 2 November 2019 het Suid-Afrika vir die derde keer die William Web Ellis trofee verower, en as wêreldkampioene in rugby na vore getree.  Groot was die feesviering die wêreld oor, en dit het voorgekom asof almal vir ʼn oomblik vergeet het van die uitdagings wat ons land daagliks in die gesig […]

Nuuskommentaar: 4 November Amerikaanse burgers sal oor ‘n jaar van nou af na die stembus gaan om te besluit of Donald Trump ‘n tweede termyn as President van die VSA sal dien. Die Amerikaanse verkiesingsveldtog is reeds in volle swang met die presidentskandidate van die Demokratiese Party wat meeding om hul party se nominasie. Een […]

Nuuskommentaar: 31 Oktober “Hoe gaan Tito Mboweni ons uit hierdie gat kry?” Dit is die groot vraag wat die hoofekonoom van die Efficient Groep, Dawie Roodt, vra nadat die minister van finansies die mediumtermynbegrotingsrede (MTBR) in die parlement voorgelê het. Mboweni het ’n baie donker prentjie van die ekonomie geskets. Die verwagte ekonomiese groei vir […]

Nuuskommentaar: 29 Oktober Verlede Vrydag het sowat een miljoen vreedsame betogers opgeruk na Santiago, die hoofstad van Chili in Suid-Amerika om aan ‘n optog deel te neem. Die omvang van die optog het dié land se regering genoop om onmiddellik hervormings in te stel. In Libanon in die Midde-Ooste het ook ‘n miljoen betogers, sowat […]

PRETORIA FM: NUUSKOMMENTAAR 28 Oktober Wat is erger vir ’n land en sy oorsese beeld as slegte misdaadstatistieke, slegte ekonomiese syfers, en nuus oor erge korrupsie in die regering? Dit is wél nog erger wanneer die werklikheid met kluitjies van goeie nuus en voorstellings vervang word, en dit dan blyk dat daai kluitjies al die […]

Nuuskommentaar: 23 Oktober Die onlangse struwelinge in die Demokratiese Alliansie wentel, in ‘n sekere sin, om ‘n enkele vraag: Hoe behoort die DA se strategie vir nasiebou te lyk? Dit is interessant om te let op die prominente posisie wat hierdie idee in die politieke diskoers ingeneem het – vir baie lank het min mense […]


Current track

Title

Artist