Author:

Page: 6

9 September 2021 Die minister van finansies, Enoch Godongwana sê die regering oorweeg dit om die R350 Covid-19 maatskaplike toelae – in ‘n ander formaat – te bly uitbetaal. Hy het bygevoeg dat daar eers na die bekostigbaarheid van die betalings gekyk sal moet word alvorens ‘n permanente besluit geneem sal word. Godongwana het dié […]

9 September 2021 Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad voer tans samesprekings met Johnson & Johnson oor ‘n proeftydperk vir ‘n Covid-19-entstofversterkingsdosis. Honderde gesondheidswerkers is as deel van die Sisonke proeftydperk met die J&J-entstof ingeënt. Die president van die SAMNR, prof. Glenda Gray sê die idee van ‘n entstofversterkingsdosis is om die entstof se doeltreffendheid te verleng. […]

9 September 2021 Die minister van vervoer, Fikile Mbalula het sy stem gevoeg by dié van die padbestuurskorporasie (RTMC) dat die motoriste nie ‘n ekstra R250 sal moet betaal wanneer hulle aansoek moet doen vir die hernuwing van hulle rybewyse nie. Volgens die korporasie is die genoemde fooi nié bykomend tot die bestaande fooie nie […]

9 September 2021 Die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Arthur Fraser het bevestig dat die adviesraad vir mediese parool oud-president Jacob Zuma se aansoek om mediese parool afgekeur het. Die raad is van mening dat die oud-president in ’n stabiele toestand is. Fraser sê hy het ondanks dié raad se afkeuring, goedkeuring gegee vir Zuma […]

8 September 2021 Nadat die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings verlede jaar weens die Covid-19-pandemie uitgestel moes word, word dit vanjaar weer deur Pretoria FM aangebied. Die wenners in elke kategorie word op 1 Desember 2021 tydens ‘n spesiale geleentheid bekend gemaak. Die tweede kategorie in vanjaar se toekennings is die Geestelike Liedjie van die Jaar. Die […]

Nuuskommentaar: 8 September Deur: James Kemp Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr Nkosazana Dalamini-Zuma het vroeër vandag aangekondig dat die verkiesing op 1 November vanjaar sal plaasvind. Dit sal die eerste keer sedert 1994 wees dat `n verkiesing op `n Maandag sal plaasvind. Hier is tien dinge wat voornemende kiesers moet weet: […]

8 September 2021 ‘n Amerikaanse hof het bevind dat aandeelhouers in die vliegtuigvervaardiger, Boeing daarop geregtig is om die direksie verantwoordelik te hou vir verliese wat hulle en die maatskappy gelei het, nadat 346 mense dood is in twee afsonderlike vliegongelukke – waarby die Boeing 737-MAX betrokke was. In ‘n lywige uitspraak – wat deur […]

8 September 2021 Die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) sê die land sal moet wag op die parlement se hersieningsproses, en die uitslag van die president se deskundige paneel, voordat die SVA se insette oor die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng in Julie – bekend gemaak sal word. Die SVA sê die DA het ‘n versoek tot die […]

8 September 2021 Pasiënte moes inderhaas uit die hospitaal op Christiana in Noordwes ontruim word nadat ‘n brand ‘n kort ruk gelede daar uitgebreek het. Die LUR vir gesondheid, Madoda Sambatha het ook die hospitaal reeds besoek om hom van die skade te vergewis. ‘n Woordvoerder van die gesondheidsdepartement sê die hele hospitaal word hierdeur […]

8 September 2021 Altesaam 12 700 kiste onwettige drank met ‘n straatwaarde van nagenoeg R15-miljoenis by ‘n pakhuis in Mpumalanga gekonfiskeer. Die gesamentlike operasie deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die polisie volg op ‘n jaar-lange ondersoek deur die SAID – nadat hulle die spoor van aksyns-vrye drank nagevolg het. Beslag is ook op toerusting […]


Current track

Title

Artist