Author:

Page: 4

14 September 2021 ‘n Motoris in sy dertigs is gisteraand doodgeskiet op die hoek van Waltloo en Simon Vermootenweg in Silverton in Pretoria. Daar is verskeie kere op die man se luukse voertuig geskiet. Paramedici het die man op die toneel dood verklaar, na hy raakgeskiet is. Die motief vir die skietery is nog nie […]

13 September 2021 ‘n Benoni-ma (27) is in ‘n plaaslike hospitaal se intensiewe sorgeenheid opgeneem nadat sy en haar motor vanoggend buite haar dogter se kleuterskool, na bewering deur haar lewensmaat (40) aan die brand gesteek is.  Die polisiewoordvoerder, kolonel Noxolo Kweza het die voorval bevestig en sê ‘n saak van poging tot moord word […]

13 September 2021 Doeanebeamptes, by die OR Tambo-Internasionale Lughawe in Kempton Park, het beslag gelê op 67 blokke kalsiumhidroksied – wat gebruik word vir die vervaardiging van kristalmetamfetamien ook bekend as “Ys” of “TIK”. Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het die blokke – met ‘n gesamentlike gewig van meer as ‘n 132 kilogram – ‘n […]

Nuuskommentaar: 13 September Deur: Jacques Broodryk Op 1 April 2021 het die direktoraat vir prioriteitsmisdaad, ook bekend as die Valke, 34 oud polisielede heraangestel om sogenaamde apartheidseramisdade te ondersoek. Die nasionale vervolgingsgesag het ook aangedui dat hy in die proses is om ’n eenheid op die been te bring om die tipe misdade te vervolg. […]

13 September 2021 “Slegs 0,0007% van diegene wat ‘n inenting ontvang het, is oorlede nadat die entstof toegedien is.” Die Suid-Afrikaanse Beheerraad vir Gesondheidsprodukte (SAHPRA) tesame met die departement van gesondheid het vanoggend die media toegespreek oor hul jongste verslag rakende newe-effekte van die entstof. Van die 86 sterftes wat aangemeld is, is 40 reeds […]

13 September 2021 Die EFF sê hy is nié van plan om president Cyril Ramaphosa se beperkings op openbare byeenkomste, voor die munisipale verkiesing, na te kom nie.  President Ramaphosa het gisteraand bevestig dat die land na vlak 2 van die inperking beweeg wat beteken dat 250 mense byeenkomste binnenshuis kan bywoon. 500 mense kan […]

13 September 2021 Die geskorste ANC sekretaris-generaal, Ace Magashule se appèlaansoek teen ‘n vorige hofbeslissing, wat sy skorsing bekragtig het, is met koste van die hand gewys.  Magashule het die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg om appél genader weens sy skorsing, wat nié tersyde gestel is nie. Hy is in Mei geskors nadat hy ingevolge die […]

13 September 2021 Die bekende dramaturg, Pieter Fourie is gisteraand in die ouderdom van 81 in sy huis op Onrusrivier naby Hermanus oorlede.  Fourie is bekend vir dramas soos Faan se trein, die Joiner en die Koggelaar. Sy dood kom nadat maagkanker vroeër vandeesmaand by hom gediagnoseer is. Fourie was ook ‘n stigterslid van die […]

13 September 2021 Die oud-Springbokafrigter, Peter de Villiers gaan die rugbyveld vir die politieke speelveld verruil. Die Good-party het gister aangekondig dat De Villiers as dié party se burgemeesterskandidaat vir die Drakenstein-munisipaliteit aangewys is. Dié munisipaliteit is binne die groter Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit. Die party het in ‘n verklaring gesê dat De Villiers alreeds voorheen […]

Nuuskommentaar: 10 September Deur: Flip Buys Met die koms van die nuwe bedeling het baie Afrikaners begin twyfel oor hulle eie identiteit. Hulle het gevoel dat hulle nou eerder net “Suid-Afrikaners” moet wees, omdat hul Afrikanerskap hulle in die spervuur kan plaas. Die ANC se klem op die bou van ‘n verenigde Suid-Afrikaanse nasie, het […]


Current track

Title

Artist