Author:

Page: 3

15 September 2021 Die voormalige ANC-werknemer, Carl Niehaus het vanoggend strafregtelike klagte teen senior lede van die ANC namens werknemers van dié party by die Johannesburg-sentraal polisiestasie aanhangig gemaak.  Dit hou glo verband met die regerende party wat reeds die afgelope paar maande nié sy werknemers se salarisse betaal nie. Volgens Niehaus kan die ANC […]

Nuuskommentaar: 15 September Deur: Jaco Kleynhans Die afgelope naweek was dit presies twee dekades sedert die tragiese terreuraanval op 11 September 2001 in die Verenigde State van Amerika. Terwyl die lewens van die byna 3000 Amerikaners wat op daardie dag dood is, op gepaste wyse herdenk is, word ernstige vrae gevra oor die VSA se […]

15 September 2021 Die matriekeindeksamenrooster is gewysig. Die departement van basiese onderwys het die wysiging van die eksamenrooster vanoggend goedgekeur. Die wysiging is genoodsaak na die aankondiging dat die munisipale verkiesing sal plaasvind op 1 November. Dit is die eerste dag wat die matriekeindeksamen sou begin met matrikulante wat Engels, besigheidstudies en nie-amptelike tale sou […]

14 September ‘n Inwoner van Theresapark in die noorde van Pretoria is ‘n boete van R1500 opgelê weens ‘n groentetuin, wat hy op sy sypaadjie geplant het. Die woordvoerder van die Tshwane Metropolisie (TMPD), Isaac Mahamba het bevestig dat Joe Nkuna ‘n boete moet betaal weens die oortreding van die wet, wat bepaal dat sypaadjies […]

14 September 2021 ‘n Dag nadat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sy hofstukke ingedien het – in reaksie op die DA se aansoek dat die ANC nié toegelaat word om nuwe kandidaatlyste in te dien nie – het die ANC ook sy hofstukke by die Grondwethof ingedien. Die ANC voer in sy opponerende stukke aan dat […]

Nuuskommentaar: 14 September Deur: Jan Bosman Kernwaardes wat  suksesvolle en vooruitstrewende lande rig “Suid-Afrika word toenemend gedefinieer deur gedeelde waardes, wat die basis vorm van die herskikking wat onvermydelik gaan kom.”  Beeld se redakteur Barnard Beukman skryf so in ʼn omvattende artikel “Eenheid met rampokkers” op 8 September 2021. Dit is duidelik dat algemene weerstand […]

14 September 2021 Die Helen Suzman-stigting (HSS) het vandag ‘n dringende hofaansoek gebring om oud-president Jacob Zuma se vrylating op mediese parool te betwis. Dit het vroeër aan die lig gekom dat die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Arthur Fraser die mediese parool-raad se bevindinge geïgnoreer het en steeds besluit om Zuma op mediese parool […]

14 September 2021 Die winkelgroep, Clicks sal binne die volgende paar weke ‘n bykomende 268 inentingslokale beskikbaar stel om te verseker dat méér mense ingeënt kan word.  Volgens die groep is ongeveer 596 000 mense tot dusver by 300 Clicks inentingslokale ingeënt.  Clicks sê in ‘n verklaring dat hulle hoop om 568 inentingslokale teen einde […]

14 September 2021 ‘n 14-jarige meisie sal na verwagting vandag in die Alexandra landdroshof verskyn nadat sy na bewering ‘n 16-jarige seun doodgesteek het.  Die graad 7-leerling van die Pholosho Sekondêre skool staar aanklagte van moord in die gesig nadat sy glo verlede Donderdag (9 September) tydens ‘n stryery die tienerseun in Alexandra met ‘n mes […]

14 September 2021 Die nege Eskom personeellede wat gisteraand gyselaar geneem is deur gemeenskapslede van Morula View in Mabopane in die noorde van Pretoria, is weer vrygelaat. Die gemeenskapslede eis dat ‘n substasie in hul buurt vervang moet word, en het toe die Eskom personeel gyselaar geneem. Nie een van die personeellede is beseer nie, […]


Current track

Title

Artist