Author:

Page: 5

Die VF Plus sê die agterstand in DNS forensiese toetse vir misdaadsake word al hoe meer kritiek ondanks versekerings van die regering en die polisie dat die kwessie aandag geniet.    Die leier van die VF Plus, dr Pieter Groenewald sê die agterstand in DNS-toetse was teen Februarie vanjaar byna 173 000.    Die jongste […]

Hoewel Suid-Afrika op 13 September na vlak 2 van die Covid-inperkings geskuif het, sukkel klein en mediumgrootte wynboere steeds om op die been te kom ná die nadelige uitwerking wat die verbod op alkoholverkope op die bedryf gehad het. Die aanlyn wynwinkel, Die Wynboer, het nou hande gevat met die winkelgroep, OK, om te verseker […]

Die adjunkminister in die presidensie vir vrouens, jeugdiges en persone met gestremdhede, prof. Hlengiwe Mkhize, wat verlede week in die ouderdom van 69-jaar aan longkanker oorlede is, sal eerskomende Saterdag tydens ’n sogenaamde kategorie 2-begrafnis in Gauteng ter ruste gelê word. Prof. Mkhize – wat ’n dienende adjunkminister was – kom in aanmerking vir ’n […]

Die Grondwethof het die DA se aansoek om die Onafhanklike Verkiesingskommissie, die OVK, se besluit om die proses vir politieke partye om hul kandidate vir die komende plaaslikeregeringsverkiesing te heropen, ongrondwetlik, onwettig en ongeldig te verklaar, van die hand gewys. Die hof het dus beslis dat die OVK se besluit grondwetlik, wettig en geldig is. […]

Die Solidariteit Navorsingsinstituut is van mening dat die voorgestelde Nasionale Gesondheidversekering hopeloos te duur gaan wees en dat die land dit nie kan bekostig nie. Luidens ‘n verslag wat vanoggend deur die instituut bekend gestel is, gaan die begrotingstekort met tot 32-miljard-rand groei as die regering se konserwatiewe projeksies gevolg word. Die verwagte begrotingstekort – […]

Die geskorste ANC-lid, Carl Niehaus het die minister van vervoer, Fikile Mbalula gedagvaar vir R10-miljoen se skadevergoeding. Dit volg nadat Mbalula in ’n onderhoud  op BBC  gesê het Niehaus was ’n leiersfiguur tydens die onlangse onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal. In die dagvaarding voer Niehaus aan dat Mbalula vals en lasterlike stellings oor hom kwytgeraak […]

President Cyril Ramaphosa sal vandag sy getuienis by die Kommissie van ondersoek na staatskaping voortsit. Hy het gister aan die kommissie gesê dat hy en ander kabinetsministers in die duister gehou is oor oudpresident Jacob Zuma se staatskapingsaktiwiteite, en dat dit met opset gedoen is. Hy het eers bewus van die aktiwiteite geword toe dit […]

Dit is kort tevore aangekondig dat Pretoria FM weggestap het met twee toekennings in die gesogte Radio Awards. Elke jaar ding die land se voorste radiostasies mee in dié glansryke toekenningsgeleentheid. Vanjaar het Pretoria FM weer talle finaliste opgelewer. Die finaliste was:Beste middagprogram – MD Greyling en Sarina BosmanBeste nuus- en aktualiteitsprogram – Klankkoerant LaatmiddagBeste […]

Discovery Life het aangekondig dat hy mense wat nie teen Covid-19 ingeënt is nie, in die toekoms ‘n hoër premie gaan laat betaal wanneer dit by lewenspolisse kom. Volgens dié lewensversekeraar word diegene wat hulle nie laat inent nie gelyk gestel aan rokers en word die  risiko wat die maatskappy so opdoen vergroot. Die maatskappy […]

12 Julie 2021 President Cyril Ramaphosa het die geweldpleging wat veral in KwaZulu-Natal en Gauteng voorgekom het sedert die arrestasie van oudpresident Jacob Zuma tydens `n regstreekse toespraak veroordeel. Hy het na die plunderaars as kansvatters verwys wat net wil steel. Volgens Ramaphosa is 166 mense reeds in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem en 323 in […]


Current track

Title

Artist