Omgewingsaktiviste en kritici bevraagteken die Nasionale Energiereguleerder (NERSA) se oënskynlik oorhaastige besluit om drie noodkragopwekkingslisensies aan die Turkse maatskappy, Karpowership, toe te staan. Dit ondanks die Departement van Omgewingsake se weiering in Junie om die maatskappy se omgewingsimpakstudies goed te keur. Liz McDaid van Green Connection sê daar is verskeie kwessies wat as gronde […]
Die VF Plus het adv Lennit Max aangewys as die party se burgemeesterskandidaat vir die Kaapstad-metro vir die komende plaaslike verkiesing. Die VF Plus sê adv Max is ʼn bekende openbare figuur wat reeds diep spore getrap het wat openbare dienslewering in die Stad Kaapstad en die provinsie van die Wes-Kaap aanbetref. “Hy is ’n […]
Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy hofsaak teen die Universiteit van Suid-Afrika, Unisa, se Engelse taalbeleid gewen. Die Grondwethof het ten gunste van AfriForum in die saak vir die behoud van Afrikaans as volwaardige onderrigtaal by dié afstandsonderriguniversiteit beslis. Die saak is op 20 Mei vanjaar aangehoor en uitspraak is voorbehou, nadat die Hoogste Hof van […]
Regter Piet Koen het uitspraak voorbehou in die saak waarin oudpresident Jacob Zuma vra dat die staatsaanklaer, advokaat Billy Downer SC, homself aan Zuma se korrupsiesaak onttrek. Die saak is tot 26 Oktober 2021 uitgestel, nadat die regter aangedui het dat hy verskeie weke gaan nodig hê om die argumente te verwerk. Zuma huldig die […]
Die omstrede Wes-Kaapse regter-president, John Hlope, het Deel A van sy dringende aansoek voor regter Roland Sutherland in die hooggeregshof in Gauteng laat vaar. In dié deel van sy aansoek wou hy die Nasionale Vergadering verhoed om voort te gaan om hom in ’n staat van beskuldiging te plaas en president Cyril Ramaphosa te rem […]
Daar was oorweldigende reaksie op `n vraag van die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel oor of AfriForum die Konstitusionele Hof moet nader om te verseker dat die premier van die Wes-Kaap ‘n referendum kan uitroep rakende groter outonomie (meer federale magte) vir dié provinsie. Een Facebookgebruiker het gesê dat federalisme die enigste oplossing is […]
Die medisynevervaardiger Johnson&Johnson sê hul entstof teen die Covid-19 virus is meer doeltreffend indien ‘n tweede inenting gegee word. Die maatskappy sê ‘n tweede inenting 56 dae na die eerste verleen ‘n 75% beskerming teen simptomatiese Covid. Die syfers spruit uit kliniese toetse wat wêreldwyd gedoen is. Die vlak van beskerming het in Amerika tot 94% […]
Die Bloemfonteinse Dieretuin het Maart verlede jaar sy deure gesluit as gevolg van die Mangaung-metro se wanbestuur. Dié legendariese dieretuin by Koningspark is in 1910 tot stand gebring, maar het heeltemal tot niet gegaan en 151 diere is verlede jaar hervestig. Elf buffels en ’n paar ander kleiner dierspesies is egter agtergelaat. Reinet Meyer van […]
Hoe lui die Afrikaanse spreekwoord? Hoë bome vang die meeste wind. Maar dié keer kry die Voortrekkermonumentbestuur die wind van voor, omdat talle bome op die terrein, wat geskiedkundige aanplantings insluit, buite die walaer om die monument uitgekap word. Groot kommer heers onder kenners, erfenisgeesdriftiges en natuurliefhebbers oor dié besluit. Sommige van die bome is glo […]
‘n Debat oor oud-president Jacob Zuma se mediese verslae en parool het die eerste gedeelte van die oggend se sitting in die Hooggeregshof in Pietermaritzburgse oorheers, nadat die staat versoek het dat die betrokke verslae vandag ingedien word. Hoewel Zuma se mediese parool nie ‘n direkte onderwerp van die korrupsieverhoor uitmaak nie, het regter Piet […]