Author:

Page: 3

Minstens 20 mense is dood ná swaar reën oornag verwoesting in KwaZulu-Natal gesaai het. Hoofpaaie in Durban en Umlazi is gesluit weens vloede en oorstromings wat deur die swaar reënneerslae veroorsaak is. Die departement van basiese onderwys in Kwa-Zulu Natal sê hy het nog nie besluit om skole te sluit te midde van fratsvloede en swaar […]

Oudpresident Jacob Zuma se regspan voer aan dat sy korrupsieverhoor uitgestel moet word, hangende sy verskeie appelaansoeke om die staatsaanklaer Billy Downer van sy saak te verwyder. Zuma moes vandag in die hoogeregshof in Pietermaritzburg verskyn op aanklag van beweerde korrupsie wat verband hou met ‘n destydse wapenskandaal.  Dié oudpresident het egter nie vanoggend by […]

Bykans die helfte van vier- tot vyfjariges wat sentrums vir vroeë kinderontwikkelingbywoon, is nie op dreef of gereed vir graad-R nie. Só het die onlangse Thrive by Five-indeks wat deur FNB, Innovation Edge en die departement van onderwys van stapel gestuur was, bevind. Hierdie opname het sowat vyf duisend kinders tussen vier en vyf jaar […]

Die nuwe jaar het vir Pretoria FM op ‘n baie hartseer noot begin met die heengaan van Oom Faan Rabie. Oom Faan – soos baie hom geken het – was vroeër onder andere die Programbestuurder van die stasie, maar sal veral onthou word vir die programme wat hy op Sondae aangebied het! Sy rustige aanslag […]

Dit is byna Kersfees en ook byna die einde van ‘n uitdagende 2021. Die meeste van ons sal seker onmiddellik aan talle voorbeelde kan dink van moeilike hekkies wat die afgelope jaar op ons pad geplaas is, en baie van ons sukkel dalk steeds om oor van hierdie hekkies te kom. Van ons het dalk […]

Twee amateur vryduikers wat met vakansie in Spanje was, wat rommel op die seebodem gaan soek het, het op ’n verrassende vonds afgekom. Luis Lens en César Gimeno het aanvanklik net agt goue muntstukke gevind. Dit het ’n reeks duike deur die Alicante-universiteit se argeoloë in samewerking met Guardia Civil se duikeenheid en die Javea-raad […]

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het ’n beroep op die nasionale regering gedoen om dié provinsie na vlak 1 van die Covid-inperkings te skuif en die nasionale ramptoestand vaarwel toe te roep. Winde meen die besluit om die land op vlak 2 te hou is nie regverdigbaar of volhoubaar nie.  Winde meen ’n verdere verslapping […]

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die repokoers onveranderd gelaat op 3,5 %. Banke se prima rentekoers bly dus op 7%. Dit wil voorkom of die rentekoers vir nog minstens twee maande op hierdie geskiedkundige laagtepunt gaan bly. Die SARB-president, Lesetja Kganyago, het in ’n mediaverklaring gesê dat die besluit volg op grootliks onveranderde […]

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie, die OVK, moedig Suid-Afrikaners – wat daarvoor kwalifiseer – aan om vir spesiale stemme te registreer. Kiesers wat nie op 1 November hulle stem sal kan uitbring nie of wat nie in staat is om op verkiesingsdag by die stempunte uit te kom nie, kan aansoek doen om die twee dae voor […]

Omgewingsaktiviste en kritici bevraagteken die Nasionale Energiereguleerder (NERSA) se oënskynlik oorhaastige besluit om drie noodkragopwekkingslisensies aan die Turkse maatskappy, Karpowership, toe te staan. Dit ondanks die Departement van Omgewingsake se weiering in Junie om die maatskappy se omgewingsimpakstudies goed te keur.    Liz McDaid van Green Connection sê daar is verskeie kwessies wat as gronde […]


Current track

Title

Artist