Australiese eerste minister kom onder skoot oor reise na en van Indië

Deur on

4 Mei 2021

Australië se eerste minister, Scott Morrison, het sy stelling dat Australiërs wat vanuit Indië reis in die tronk kan beland, teruggetrek – hoewel nie in soveel woorde nie.

Die sosiale media het gegons en hy is van rassisme beskuldig asook dat hy bloed op sy hande het – nadat hy gesê het mense wat die verwoestende gevolge van die Covid-19 pandemie in Indië probeer ontvlug, sal in die tronk gestop word.

Die Australiese regering het gepoog om reisigers, insluitende Australiese burgers, te verbied om minstens tot die 15e Mei nie die land binne te kom nie.

Ongeveer 9 000 Australiërs is vermoedelik in Indië, waaronder bekende sportsterre wat aan die Indiese Premierliga kriekettoernooi deelgeneem het.

Dié toernooi is pas onbepaald uitgestel nadat die virus by minstens vier spanne gediagnoseer is.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist