<--Google Webmaster Tool-->

Andrea Venter se moordenaar lewenslank tronk toe

Deur on Aug 5, 2022

5 Augustus 2022

Andrea Venter se moordenaar, Gerhard Jansen van Vuuren, is die maksimum straf in die Johannesburgse hooggeregshof opgelê.

Regter Ian Cox het beslis dat hy Venter – met wie hy in ‘n aan-en-af-verhouding gewikkel was – met voorbedagte rade vermoor het.

Jansen van Vuuren was dertig jaar oud toe hy op 2 Mei 2011 vir Venter – wat destyds 24 jaar oud was – 16 keer met ‘n mes gesteek en haar keel oopgesny het.

Hy het homself op die toneel om die lewe probeer bring.

Van Vuuren het 2013 uit die land gevlug en was sewe jaar soek voordat hy in Brasilië aangekeer is.

Foto: News24


Current track

Title

Artist