ANC-werknemers eis dat salarisse betyds betaal word

Deur on

15 Junie 2021

Werknemers van die ANC het vroeër vanmiddag ‘n plakkaatbetoging buite die Luthuli Huis in Johannesburg gehou weens hulle salarisse, wat glo nie betyds betaal word nie.

Die party se waarnemende sekretaris-generaal, Jessie Duarte het namens die ANC die werknemers se memorandum met hulle griewe ontvang.

Sy sê die party is daartoe verbind om die werkers se salarisse te betaal ondanks hul kontantvloei-probleme en meen daar is geen planne om salarisse te sny nie.

“Die ANC se huidige kontantvloei uitdagings kan toegeskryf word aan die land se algemene ekonomiese situasie en die implementering van die Wet op Befondsing van Politieke Partye in April vanjaar,” sê Duarte.

Die ANC-werknemers eis dat hulle salarisse betyds moet betaal word, asook alle byvoordele.

Hulle het die ANC-bestuur een week gegun om op hulle griewe te reageer voordat hulle ernstiger stappe sal doen.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist