ANC-lid wéér in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed van drank

Deur on

7 April 2021

‘n Senior lid van die ANC, Madoda Papiyana, wat in April verlede jaar weens beweerde dronkbestuur en die oortreding van vlak vyf van die inperkingsregulasies in hegtenis geneem is, is wéér vir bestuur onder die invloed van drank vasgetrek.

Papiyana het na bewering tydens die Paasnaweek onder die invloed van drank in die Oos-Kaap bestuur.    

Madoda Papiyana.

Hy is slegs ‘n paar maande gelede weer in sy pos as hoofsweep van die Chris Hani-distriksmunisiplaiteit en streekstesourier van die ANC heraangestel.  

Hy is na sy eerste inhegtenisneming gedwing om uit sy pos te tree en is slegs heraangestel toe die Nasionale Vervolgingsgesag die klagtes teen hom tydelik teruggetrek het.   


Lees verder

Current track

Title

Artist