5 Maart 2024
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula sê minstens die helfte van dié party se kandidate vir die komende verkiesing gaan onveranderd gelaat word om kontinuiteit te handhaaf.
Dit beteken dat die party waarskynlik nie veel ag gaan slaan op sy eie onderneming om nie kandidate te oorweeg wat kriminele rekords het of by staatskaping betrek is nie.
Die party se uitvoerende komitee vergader vandag vir die tweede agtereenvolgende dag om sy kandidaatlyste te finaliseer voor die OVK se sperdatum komende Vrydag.
Mbalula sê die kandidate sal elkeen individueel en op meriete oorweeg word om op die lys te verskyn. Hy het ook gesê dat selfs president Cyril Ramaphosa, ’n streng ondervraging deurgemaak het as deel van die party se proses om kandidate vir vanjaar se verkiesing aan te wys.
Mbalula sê Ramaphosa se ondervraging het twee ure geduur.